
Matching family tree profiles for Jacoba Wilhelmina Bornman
Immediate Family
-
husband
-
daughter
-
brother
-
sister
-
brother
-
brother
-
brother
-
brother
About Jacoba Wilhelmina Bornman
Adres ten tye van haar huwelik: Enkelbosch, Vredefort
_________________________________________________________________
Notas deur David Abraham Swanepoel
Sy is die jongste en die enigste na-oorlogse kind, algemeen bekend as Kowie.
Die huwelik soos bo beskryf vind waarskynlik in of naby die laat 1920's plaas. Waar sy en haar man dan woon, is onbekend, maar in 1936 erf sy Enkelbosch onderverdeling 3 uit die boedel van haar ouers en hulle boer daar. Circa 1953 verkoop hulle dit aan my moederlynoupa David Hennop en verhuis na Vereeniging, waar haar man Hans in 'n fabriek werk, vermoedelik Yskor.
Na sy aftrede verhuis hulle na Vredefort. Na oom Hans se afsterwe keer sy terug na Vereeniging. Ek was teenwoordig toe haar dogter Baby Deyzel genoem het dat sy haar nader wou hê om te versorg indien nodig. Tant Kowie woon egter vir 'n geruime tyd alleen in 'n woonstelblok toegewys aan slegs vroue as hoof van die huishouding. Dit is opgerig deur 'n dame wat haar vir vrouesake be-ywer het en die plek is na haar vernoem, maar ek kon nie sover die naam opspoor nie.
Tant Kowie word die oudste van al haar sibbe, met die moontlike uitsondering van Magdalena van Vuuren vir wie 'n sterfdatum nie beskibaar is nie. Volgens oorlewering was sy wel die enigste wat oor 90 gegaan het. Dis nie bekend of sy wel voor haar dood verswak was en uit die woonstelblok moes skuif nie.
Haar finale rusplek is Vredefort.
Bron:
Familie-oorlewering en persoonlike kennis van ontmoetings met haar.
Jacoba Wilhelmina Bornman's Timeline
1904 |
August 30, 1904
|
||
1936 |
November 13, 1936
|
||
1996 |
December 4, 1996
Age 92
|
||
???? |
Free State, VREDEFORT, Main cemetery. Cemetery ID: 2561
|