
Matching family tree profiles for Christoffel Johannes Swanepoel
Immediate Family
-
daughter
-
daughter
-
mother
About Christoffel Johannes Swanepoel
===League of Veterans AOB === Added by AR Swanepoel
Database ID: 2784
Surname: Swanepoel
First Names: Christoffel
Date of Birth: 29.11.1875
Residence 1899: Parys, OVS
Last Officer Name: Steenkamp
Capture Date: N/A
Date of Death: dood, siekte
Widow Veteran: Elizabeth Swanepoel
Latest Address: Witfield, Primrose
Branch: Germiston
Notes: N/A
===Prisoners of War AOB == Added by AR Swanepoel
Database ID: 15418
POW Number: 16336
Surname: SWANEPOEL
Name: CHRISTOFFEL JOHANNES
Age: 26
Address: PARIJS
District: HEILBRON
Where Captured: PARIJS
When Captured: 1900-12-01
Camp: Onbekend
Country: Onbekend
Ship (to): Onbekend
Ship (from): N/A
Werksnota: Sommige inligting verouderd. 'n Volwaardige artikel vir die tydskrif Familia word geskryf en feite verander voortdurend.
CDR: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-WY37?cc=29981...
Data verskil
Notas deur David Abraham Swanepoel
Inscriptions on the stone made by the person in the profile. Source: synthesis of research and oral communication by David Abraham Swanepoel b6c4d2e1f3g11, half brother of the person and my grandfather, circa 1973.
Digital enhancement (removal of background) by Michael D. Roberts of Random Acts of Kindness Photo Restoration Group
Die klip wat as avatar gebruik word was vir jare met soortgelyke klippe ingemessel by die ingang van ‘n ou melkstal op die plaas Enkelbosch. Dit bevat graverings. My oupa David Swanepoel het genoem dat die graverings gedoen is deur 'n halfbroer van hom by moeder: Martha Magdalena Swanepoel. Die doel daarvan is nie bekend nie. Dit was dalk van romantiese aard of bloot ter tydverdryf.
Oupa het ook gesê dat die halfbroer 'n joiner in die Anglo-Boereoorlog was. Daar is 2 bevestigings: Grundlingh [1] lys twee joiner CJ Swanepoels, een van Kroonstad, een van Parys. Die ander bevestiging is van die databasisse van die Anglo-Boereoorlogmuseum, alhoewel Grundling moontlik sy inligting daar gekry het: [2]
Joiners
* Surname SWANEPOEL
- Name C.J.
- Age
- Farm / Town PARYS
- District
- Source VRYSTAATSE ARGIEFLYS
- Ref ID 806
Interressant genoeg verskyn sy naam op dieselfde bladsy as die van sy broer Jacobus Christoffel, as synde in Kaapstad teenwoordig as krygsgevangenes in Desember 1900. Sien Findmypast dokument onder Media. Hulle het egter nie in die selfde kommando’s geveg nie en op dieselfde tyd aangekom nie. Christoffel Johannes moes dus op hierdie stadium oorgeloop het om verbanning na die buiteland vry te spring. Identifikasie is op grond van ouderdom en plek woonagtig.
Daar is baie oor joiners geskryf en hulle is verguis. Een van die redes wat joiners en hensoppers aangevoer het, is dat hulle die oorlog agter die rug wou kry aangesien daar geen hoop meer was nie. Die lyding in die konsentrasiekampe was net uitgerek. Nadat ek bevind het dat hierdie persoon se tweede oudste kind, Jan Hendrik Roberts in ‘n konsentrasiekamp oorlede is, het ek baie meer simpatie met die mense.
Adriaan Johannes Swanepoel, broer van oupa David koop in 1938 ‘n deel van Enkelbosch van Christoffel Johannes Swanepoel van Brits. Die 3 halfsibbe, kinders van Martha Magdalena Visagie het elkeen 45 morg ge-erf. Hiervolgens weet ons dat Christoffel Johannes na 1938, toe hy 64 jaar oud was, oorlede is en dis ‘n aanduiding van ‘n standplaas van hom. Sy vrou sterf in Aug 1959 te Primrose, Germiston, en word op haar FID aangedui as weduwee. Hy is dus voor dan oorlede maar die verskil tussen 1959 en 1938 laat ongelukkig 'n gaping van 21 jaar.
Bronne:
[1] Grundlingh, A.M. 1999. Die “hendsoppers” en “joiners”: Die rasioneel en verskynsel van verraad. Pretoria, Protea Boekhuis, p453. Slegs die 1999 uitgawe het dit in, aangesien die data eers kort van te vore ontsluit is.
[2] http://www.wmbr.org.za/view.asp?pg=research&pgsub=databases&pgsub1=...
Dokumente in privaatbesit.
Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode
Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.
Christoffel Johannes Swanepoel's Timeline
1874 |
November 29, 1874
|
Parys, Orange Free State Republic, South Africa
|
|
1875 |
January 24, 1875
|
Ladybrand, Orange Free State Republic, South Africa
|
|
1898 |
March 17, 1898
|
Parys, Free State, South Africa
|
|
1901 |
March 2, 1901
|
||
1903 |
March 6, 1903
|
Parys, Free State, South Africa
|
|
1908 |
February 27, 1908
|
||
1910 |
May 30, 1910
|
Parys, Northern Free State, Free State, South Africa
|
|
1912 |
August 14, 1912
|
||
1914 |
June 2, 1914
|
Parys, Orange Free State, South Africa
|